En toe knipoog Willie Nelson vir my

COUNTRY-IKOON WORD 90

En toe knipoog Willie Nelson vir my

Hulle sê mens moet liefs nooit jou helde ontmoet nie, want dit sal jou net teleurstel of ontnugter. Maar soms gebeur die teendeel. En soms, net soms, is daar die Willie Nelsons van die mensdom, skryf LOUIS AWERBUCK.

VANJAAR, op 30 April, word Willie Nelson 90 jaar oud. Maar hy vier sy verjaarsdag ook op die 29ste. Nelson, wat gebore is in Abbott, Texas (baie naby aan Waco), verduidelik self dat hy baie laat op die aand van 29 April gebore is. Sy geboorte kon egter eers die volgende dag in die hof (“county courthouse”) geregistreer word, en word dus nog altyd amptelik as die 30ste aangedui. Nelson verkies om al twee dae te vier, wat aanduidend is van hoe hierdie legendariese en universeel beminde sanger verkies om met die lewe om te gaan. Kreatief. Inklusief.

Dit sou te lank neem om Nelson se luisterryke lewe, maar veral sy roemryke en bekroonde loopbaan, te omskryf. Sy status as liriekskrywer, kitaarvirtuoos en stemkunstenaar word wyd en syd as legendaries erken. ’n Vinnige Wikipedia- of YouTube-soektog vertoon ’n swetterjoel verwysings en videogrepe van al wat ’n superster wat oor hulle voete geval het, en steeds val, vir die voorreg om saam met Nelson te kan opneem of optree.

Hy en Johnny Cash, Kris Kristofferson en Waylon Jennings het die hart en siel van die Outlaw Country-beweging in die VSA in die 60’s en 70’s gevorm, wat vele ooreenkomste toon met die Voëlvry-beweging ter plaatse in die 80’s. Musikante wat geweier het om deur die Maatskappy voorgeskryf te word. Wat deurgrondelike, poëtiese lirieke geskryf het en die musiek uniek daarmee vervleg het, nie soos die produksiemaatskappye dit vir die massas wou verpak nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.