Hoekom is so min kultusleiers vroue, en hoekom val mense vir kultusse?

SEKTE EN KULTUS

Hoekom is so min kultusleiers vroue, en hoekom val mense vir kultusse?

’n Vinnige Google-fotosoektog lewer bladsy op bladsy manlike kultusleiers op. ’n Mens kan nie aldag alles glo wat jy op die internet sien nie, maar die foto’s van al die manlike kultusleiers het my nogal aan die dink gesit. Wat presies is ’n kultusgroep en waarom sal mense kultusse begin? vra MERCY KANNEMEYER.

EEN van die Merriam-Webster Dictionary se definisies vir “cult” is “great devotion to a person, idea, object, movement, or work (such as a film or book)”. In my onkunde jare gelede het ek gedink dit sal nogals lekker wees om onomwonde in iets of iemand te glo. Verbeel jou net. Jy staan soggens op en saans gaan slaap jy met die wete dat jou geloof in iets of iemand nie sommer maklik sal wankel nie. Dis seker hoekom mense fanatiese Christene is (waar ek ook al ’n paar draaie gaan loop het), en hoekom mense hulle morsdood werk en uiteindelik slawe van ’n kapitalistiese stelsel word, want hulle glo in geld.

Terug na die kultusleiers. Louis Liebenberg. Jeffrey Epstein. Shoko Asahara. Jim Jones. Erlo Stegen. Hulle is almal mans wat wetend kultusgroepe bedryf het (in Liebenberg se geval is ek nie so seker of hy weet sy diamantbesigheid is eintlik ’n kultus nie, maar die tekens is almal daar). In hierdie manne se gevalle was dit geld, mag, of totale waansin wat hulle gedryf het.

Zoë Heller skryf in Julie 2021 vir die New Yorker (https://www.newyorker.com/magazine/2021/07/12/what-makes-a-cult-a-cult) ’n stuk oor NXIVM, ’n New York-gebaseerde kultus gestig deur Keith Raniere:..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.