Repliek | Kwelsugtige beskuldigings teen ‘Heunis-faksie’ was...

US-KONVOKASIE

Repliek | Kwelsugtige beskuldigings teen ‘Heunis-faksie’ was onsmaaklik

Gelukkig is dié lawwe besigheid verby, skryf TIAN ALBERTS oor die mosie van wantroue teen die uitvoerende komitee van Universiteit Stellenbosch (US) se konvokasie. En, skryf hy aan sy mede-student NINA BREYTENBACH in reaksie op haar meningstuk in VWB van 26 Mei, sy en ander wil – soos met dr. Jan Heunis en sy kollegas – bloot van die oorblyfsels van Afrikaans by Maties ontslae raak.

Nina,

Jou poging tot 'n bydrae oor die twis wat rondom die Matie-konvokasie se uitvoerende komitee heers, was onsmaaklik en het andersins volwasse debat oor die kwessie op blaaie soos Rapport Weekliks (waarna jy so neerhalend verwys) devalueer. Trouens, die verontwaardigde skryfstyl, banale vergelykings (“tweedehandsemotorhandelaar”) en hiperboliese beledigings (“mense wat kwalik 'n selfoon kan hanteer”) getuig van 'n polemiese onvolwassenheid waarmee Vrye Weekblad nie gediend behoort te wees nie. Hopelik verwerdig diegene wat in jou meningstuk belaster word hulself nie om daarop te reageer nie.

Jy beskuldig die “Heunis-faksie” (dr. Jan Heunis en sy kollegas op die Matie-konvokasie se uitvoerende komitee) daarvan dat hulle hul eie narratief skep, naamlik “uitwissing van Afrikaans" deur ’n “tannie wat net wil Ingels praat”. Die “tannie” waarna jy verwys, is kennelik dr. Louise van Rhyn, wat 'n mosie van wantroue teen die “Heunis-faksie” te berde gebring het en aan die stuur was van 'n groep wat van Heunis-hulle as verkose ampsdraers ontslae wou raak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.