Die haan het lankal oor SA se onderwys gekraai

DIE ONDERWYS, DIE VERRAAD

Die haan het lankal oor SA se onderwys gekraai

Dis Covid en ouers se skuld dat ons graad 4’s so swak presteer het in die onlangse toetsing van geletterdheidsvlakke wat in 50 lande gedoen is, sê die Suid-Afrikaanse regering luidens berigte. Maar kom die probleem nie al ’n langer pad aan as wat die oog wil sien nie? vra ANASTASIA DE VRIES.

ASOF dit net gister gebeur het, sien ek my ma op die hoek van De la Rey- en die destydse Modderdamweg, nou Robert Sobukwe, digby die skool waar sy ’n juffrou was. In haar hande, hoog bo haar kop, ’n plakkaat wat haar stille protes in bloedrooi hoofletters uitgil: OBE (staan vir) ONLY BENGU IS EXCITED. Ek onthou nie die presiese jaar of die proteswoorde op die ander onderwysers se plakkate nie, maar dit was in die tyd van mnr. Sibusiso Bengu, minister van onderwys, en die begin van uitkomsgebaseerde onderwys. Ek onthou net die woorde van my ma. Sy het dit die vorige aand in sulke dik hale op karton op die kombuistafel staan en verf en toe met verwoede hamerhoue weerskante aan twee stokke vasgespyker.

In haar leeftyd as juffrou het sy genoeg van verandering aan leerplanne gesien om haar in dié stadium teen nog verandering te wil verset, het sy haar verweer teen die waarskuwing van my oudste suster, toe ook al ’n juffrou, dat onse ma die volgende dag saam met haar kollegas opgesluit sou word. Dan moet “hulle” haar maar opsluit, het my ma gesê, want “hulle” mis in elk geval die punt as “hulle” dink onderwysers, selfs ou hande soos sy, is bang om te verander. Maar diese verandering vir veranderingsonthalwe? Aikôna. Dis die kinders wat gaan aftjop.

Ja-nee, het ’n kollega voorspel toe ek later die oggend die tafereel van my-ma-met-plakkaat vir hom terugspeel, binnekort sit ons met ’n land vol analfabete wat kwalik kan lees of skryf of spel, wat nog te sê dínk. Vandat ek hom ken, bestudeer hy elke verandering aan die skoolkurrikulum tot in die fynste besonderhede om die uitwerking daarvan op die hoër onderwys te bepaal. En dan sê hy: “Ons moet ons voorberei, ons staal.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.