Adrenalien-junky, space cowboy en proefbuis-pa

MARS IN SY VISIER

Adrenalien-junky, space cowboy en proefbuis-pa

DEBORAH STEINMAIR probeer die omstrede risikoverslaafde Elon Musk kleinkry.

WIE is Elon Musk en wat motiveer hom? Daar het vanjaar twee biografieë verskyn, deur Michael Vlismas en deur Walter Isaacson, laasgenoemde met Musk se samewerking. Isaacson is toegelaat om Musk vir twee jaar te volg, vergaderings by te woon, e-posse te lees en Musk het sy vriende, werknemers en eksvroue aangemoedig om met hom te gesels. Tog het hy glo nie die boek in ’n sekere rigting probeer stuur of dit vooraf gelees nie.

Ná al hierdie bladsye bly die man ’n enigma met ’n manies aktiewe brein, brandende ongeduld en ’n kompulsie om wilde kanse te waag. En ongediagnoseerde Aspergers: Hy kan nie mense se emosies peil nie. Sy gesigsuitdrukking is dikwels strak, soos dié van ’n robot. Wanneer hy diep dink, is hy soos ’n rekenaar wat besig is om te prosesseer. Sy sensoriese sisteme skakel af en hy kan geen data inneem nie. Sy ma vertel: “It’s best not to try to break through when he has that vacant stare.”

Benewens ’n problematiese persoonlikheid is sy oerwond sy pa. Errol Musk is ’n flambojante, spulse ou bok, ’n grandiose grootprater wat deur Elon as “suiwer boosheid” bestempel is. Errol het met albei biograwe gepraat, tot vervelens toe. Hy kom stapelgek en totaal narsisties oor, en nie ’n vriend van die waarheid nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.