Rus in vrede, ou vendusie, ek mis jou alreeds

EK HOU VAN 'N VEILING

Rus in vrede, ou vendusie, ek mis jou alreeds

’n Hele kultuur kry sy laaste stuiptrekkings. Die wêreld van veilings in lewende lywe en vaardige afslaers is terminaal gewond deur die internet, met Covid wat die laaste spyker in die kis was. ALBERTUS VAN WYK voel die verlies.

’N SATERDAGOGGEND voor Maart 2020 het baie anders gelyk as ’n Saterdagoggend in November 2023. Destyds sou ek opstaan, ’n fles koffie maak en in my bakkie spring en Somerset Wes, Wynberg of Ceres toe ry. Na waar ook al daar ’n algemene huishoudelike veiling sou gebeur.

Ek was op soek na modernistiese meubels uit die tyd tussen 1930 en 1980. Ons bedryf ’n winkel wat hierdie soort meubels verkoop. Maar eintlik het ek net ’n verskoning gesoek om ’n veiling by te woon, want ek hou van ’n veiling.

’n Veiling is ’n plek vol van die spore van menslike verlies, verganklikheid, teëspoed, verandering. Dis maar min dat ’n mens se goeters op ’n veiling beland omdat dit so goed met jou gaan dat jy beter goeters gekoop het. Dit gebeur, maar dit gebeur min...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.