Rubbernek die dood niet

TRENDS

Rubbernek die dood niet

Dit is asof sosiale media – die enorme digitale kennisgewingsbord van die massas ­– ons van ons etiket oor en respek vir ander se gevoelens rondom die dood beroof het, skryf BIANCA DU PLESSIS.

SCENARIO: 'n Pa sterf laat op 'n Sondagaand in 'n gru-ongeluk in die Oos-Kaap. Die familie skarrel in die middernagtelike ure om iemand te vind wat sy jongste dogter in die Wes-Kaap kan besoek om die tragiese nuus persoonlik oor te dra.

Maandag vroegdag word 'n nuusberig van 'n plaaslike digitale platform deur kennisse op Facebook gedeel. Hoewel sy naam nie genoem word nie, weet almal wat die foto van sy unieke voertuig se wrak sien, dat dit hy is. Ook sy dogter, wat die berig lees voor die familievriend haar kan bereik. Geen mens moet ooit op sosiale media van 'n geliefde se dood uitvind nie, en tog gebeur dit.

Nie almal is gelukkig genoeg om op 'n hoë ouderdom en omring deur geliefdes hulle laaste asem uit te blaas nie. Die dood kom soms vinnig, traumaties, deur 'n eie of 'n ander se hand, in allerlei ongelukke op tye en plekke wat dit geweldig moeilik maak om geliefdes in die hande te kry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.