Flinkdinkers in die tennis-binnebaan

AUSTRALIESE OPE

Flinkdinkers in die tennis-binnebaan

In ’n sport soos tennis gaan jy nie heel bo uitkom sonder dat jy iets tussen die ore het nie. Dit hoef nie noodwendig in jou alledaagse lewe neerslag te vind nie, skryf ZIRK VAN DEN BERG.

NOVAK Djokovic gebruik sy kop vir iets anders as om die wêreld se digste bos hare te kweek. Hy dink. Want as hy nie hard gedink het nie, het hy nooit 24 Slams ingepalm nie.

Wen hy hierdie jaar in Australië, waar hy al tien keer geseëvier het, steek hy die Australiër Margaret Court se totaal van 24 verby en staan man-alleen bo-aan die tennispiramide.

Bygesê, die berugte rassistiese tannie van Perth het nie in die 1960's en 70's sulke sterk kompetisie soos Novak gehad nie. Die mense wie se prestasie eintlik nader aan hom kom, sou ek reken, is Serena Williams (23 Slams), Steffi Graf (22), Rafael Nadal (22) en Roger Federer (20)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.