Wat ek geleer het in besigheid

DUUR LESSE

Wat ek geleer het in besigheid

ALI VAN WYK verlaat vandeesmaand die bestuur van die klein onderneming waarby hy sewe jaar gelede aangesluit het met geen ervaring in die handel nie. Hier is wat hy geleer het.

EK het in September 2017 as ’n tydskrifredakteur bedank met weinig toekomsplanne. Die enigste karige inkomste wat ons gehad het, was ’n jaar oue tweedehandse agterplaas-meubelonderneming met ’n maandelikse omset van R20 000. Ek het by my vrou aangesluit om die saak te help bou. Die wins was skaars genoeg om een kind se maandelikse skoolfonds te dek.

My kwalifikasies is in tale en ek het geen sake-ervaring gehad nie. As redakteur moes ek in vergaderings sit waar ek darem ’n inkomstestaat moes verstaan, maar enigiemand wat ’n Chappie-papiertjie kan lees, kan ná vyf minute ’n inkomstestaat verstaan.

Sommige mense het gesê ek is dapper, ander het gedink ek is naïef en dom (en dit eers later gesê nadat ons nie summier gesink het nie). Maar ek was nie dapper óf naïef nie. My loopbaan was in ’n doodloopstraat en ek het die omgewing as vyandig ervaar. Ek was meer soos ’n drenkeling wat op ’n eiland uitgespoel het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.