Die jaar toe ek Afrika omhels het

SANGOMAS

Die jaar toe ek Afrika omhels het

In hierdie dae, waar sangomas in die kollig is ná die onuitspreeklike aakligheid met Joshlin, kyk DEBORAH STEINMAIR terug op 'n tyd van miracles and wonder, in technicolour.

EK het laasnag gedroom van ’n huis waarin ek 20 jaar gelede gewoon het. Dit was ’n mooi ou woning in Rosebank, Kaapstad. Houtvloere, oopskuifvensters, kaggels en ’n groot, wilde tuin. Dit het behoort aan ’n sangoma; ’n pienk sangoma met ’n wolk rooibruin krulhare, blou oë en mooi, sterk tande. Sy het net wit gedra, was altyd kaalvoet met harige bokvelrepe om haar enkels en polse. Sy was my girlfriend, maar ek het betaal soos al die ander loseerders. Sy het vroeër in haar lewe geld gemaak as kopieskrywer by ’n bekende advertensiemaatskappy, toe in die Transkei godsdiens gevind en korporasies afgesweer. Hulle praktyke, het sy gesê, is heksery.

Toe ek daar intrek, was sy pas terug van ’n moordende opleidingsessie as thwasa (leerlingsangoma) in Pondoland. Daar het sy op die vloer van ’n hut geslaap, voor dagbreek gaan hout kap en water haal, hoenders en bokke voer, vuurmaak. Sy het haar mentors altyd op haar knieë bedien. Sy was fiks en gespierd, haar volle vyf voet.

Sy het ’n poplyf gehad: lang, gespierde bene, kort lyfie, ferm borste onbelemmer deur ’n bra. Sy het graag van al haar klere ontslae geraak, in wandelpaaie, op strande. In haar oksels en in haar mik was rooigoue boskaas, op haar bene goue dons. Sy het na mosterd, peper en kerrie geruik: blykbaar tipies vir natuurlike rooikoppe. Sy het ook na knoffel geruik, en suurlemoenwater wat sy heeldag drink. Sy het haar soggens poedelkaal in die tuin gereinig in ’n stortbad van yskoue water en allerlei bitter kruie terwyl sy sing en dans, en saans gestort, maar sy het nie geglo in reukweerder nie en het teen die middag na kakiesbos en kruid geruik. Haar jogaklas het haar uitgestem daaroor, die verfynde linnegeklede vroue agter die lensiegordyn...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.