Een maal ’n rampokker, altyd ’n rampokker

MISDAAD-MEMOIR

Een maal ’n rampokker, altyd ’n rampokker

Sonder Hermanus se hoof-booswig het TINUS HORN geen begeerte om meer daar te bly nie, veral gegewe sy eie reputasie in die onderwêreld.

NÁ tien jaar in die Overberg het ek verlede week besluit ek trek Kaapstad toe. Hermanus sonder sy booswig is amper so ondenkbaar soos ’n skilpad sonder ’n dop. ’n Skilpad of my oom Jerry, wat mos later aan lewerversaking die ewigheid in is.

In my oë is die plek die helfte van sy glans kwyt. Ag, en wat die ander helfte betref ... as jy een walvis gesien het, het jy almal gesien.

Ek skat die misdaadsyfer wat in ’n oogwink so skerp afgeneem het, gaan die dorp meer aanloklik maak vir inkomelinge. Daai statistiek raak my nie. Ek is gepantser teen witboordjie-boewery. Net laasmaand het iemand byvoorbeeld my Capitec-rekening gekaap, en nou sit hulle met derduisende rande se kredietkaartskuld...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.