Geen groter vreugde as om te reis – en dit met ander te deel nie

DIEP SPORE

Geen groter vreugde as om te reis – en dit met ander te deel nie

ANNELIESE BURGESS gesels met Johan Badenhorst, die legendariese reisiger en aanbieder van die televisieprogram Voetspore, aan die vooraand van hulle 18de ekspedisie, die laaste in 'n trilogie van Suid-Amerika.

JOHAN gesels met my uit Bogotá in Colombia, van die kombuistafel in 'n Airbnb in die hoofstad. Johan is opgeruimd en vrolik. Dis net ná sesuur die oggend daar. Lunch-tyd hier. 

Hy en sy dogter was die voorloopspan vir die derde been van die “Suid-Amerikaanse trilogie", soos hy na die derde Voetspore-ekspedisie op dié vasteland verwys. Maar die res van die span is nou almal daar. Die voertuie, wat per skip van Suid-Afrika gekom het, staan reg vir aksie. Daar is nog 'n paar logistieke knope om deur te hak en dan rol die wiele rigting Venezuela.

“Die enkele grootste uitdaging vir enige Voetspore-ekspedisie is om net aan die gang te kan kom, want ons bring ons eie voertuie oor. Ons is drie voertuie, ons is ses mense. Ons ry twee-twee. En ons woon in ons voertuie met daktente en dies meer. Daai voertuig is my huis, dis my slaapkamer, dis my kantoor, dis my absolute alles. So ek rus hom toe in Suid Afrika en bring hom oor, maar om net een voertuig hierheen te bring kos omtrent R200 000, so dis 'n duur storie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.