Jake White op sy Chopper met die drie ratte

SPORT

Jake White op sy Chopper met die drie ratte

Die Bulle-afrigter ken net van Kla, Spog en Rooier, reken LOUIS DE VILLIERS. En iemand moet hom vertel dat Suid-Afrikaanse rugby nie sonder die Europeërs kan klaarkom nie.

ANDERDAG nog was die uwe só gatvol van rugby dat ek selfs ’n boek begin skryf het oor presies hóé gatvol, maar toe vat Rassie Erasmus oor by die Springbokke en John Dobson by die Stormers; Frankryk raak weer mededingend en die Wallabies lagwekkend…

Suid-Afrikaanse streeksrugby was diep in die doedoedinges toe die VRK-lande ons spanne daarheen nooi. Dit werk mooi uit – hoewel daar nog groeipyne is betreffende reis en loting, speel almal op ’n mooi beskaafde tyd en ons kan nuwe gesigte leer ken.

Dat sowel Suid-Afrika as Ierland, Skotland en Italië oor die afgelope twee seisoene sigbaar verbeter het ná die Covid-koorsdroom sê tog immers die ding werk. Deelname aan die Europese Kampioeneliga, wat tans effens hik en proes om ons spanne te akkommodeer, was net ’n half-logiese gevolg...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.