Jou huis is presies waar jy moet wees

MY WAARHEID

Jou huis is presies waar jy moet wees

Wanneer jy jouself in ’n ruimte bevind waar jou brein ja sê voordat jou verstand kan reageer, hoef jy nie vir aanwysings te vra nie. Jy is waar jy bedoel is om te wees – al is dit dikwels onaangenaam, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DIE Egiptiese digter Naguib Mahfouz het geskryf: “Home is not where you are born; home is where all your attempts to escape cease.”

Ek het Sondag teruggekeer Suid-Afrika toe nadat ek ’n paar maande van wes na Oos- en Suidoos-Asië gereis het. Binne ’n uur nadat ek Kaapstad op die “hell run (https://www.2oceansvibe.com/2023/11/08/tourists-warned-about-dangerous-n2-hell-run-as-festive-season-approaches/)" binnegery het, het my brein oorgeneem. Ek was in die groove. Om “grooving” in hierdie geval te verstaan, dink aan wanneer jy ’n roltrap nader terwyl jy met iemand oor iets gesels. Jy stap selfversekerd vorentoe wanneer jou brein jou op die bewegende vloer laat klim. Dis hoe jy iets groove; jy doen dit sonder oorweging, berekening of bewustelike inspanning.

Daar is ’n wetenskaplike taal en leksikon (wat neurowetenskaplikes gebruik) om dit meer wetenskaplik te verduidelik, maar dit maak nie nou saak nie. Ek is nie ’n wetenskaplike nie. Hier is dit die brein wat hom tot die lewe verbind voordat die verstand tyd het om dinge te deurdink, te bereken of hom bewustelik en doelgerig in te span...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.