Die katedraal van die Triffids

DIE KUNS VAN DIE SPEELLYS

Die katedraal van die Triffids

Eers was daar mix tapes, toe CD’s, maar nou stroom mense hoofsaaklik musiek en is 'n speellys die beste manier om jou gunstelinge te deel, skryf FRED DE VRIES.

EK is seker die meeste van julle musiekliefhebbers het al hierdie probleem teëgekom. Daar’s ’n band waarvan jy regtig baie hou en jy wil hê iemand anders, ’n nuwe partner of vriend(in), moet net soveel van hulle hou, om ’n vars maar brose band te verdiep.

So, hoe gaan jy te werk? Sowat 40 jaar gelede sou jy vir hulle 'n samestelling maak en al jou gunstelingsnitte op ’n C60- of C90-kasset inpas. Dit het baie werk én dinkwerk oor volgorde, opbou en narratief behels. Eintlik was dit ’n helse werk. Jy het ’n platespeler, bandopnemer, leë kasset en vinielplate nodig gehad. Die hele opname is in reële tyd gedoen – ’n omslagtige proses.

En dan was daar die ewige vraag oor wat om met daardie leë stukkie aan die einde te doen – te kort vir ’n hele song, maar te lank om dit leeg te laat (ek het dit gewoonlik opgelos deur ’n instrumentale snit by te voeg). Bandkassette was egter wonderlik, want jy kon ook ’n klein omslag daarvoor maak, met ’n tekening of collage of opgesnyde foto. Dit was skatte om na te kyk, klein kunswerke wat besondere betekenis gegee het en (hopelik) die aantrekkingskrag van jou geliefde kunstenaars verhoog het. Dit was, soos Thurston Moore uitwys in die boek Mix Tape: The Art of Cassette Culture (Universe Publishing, 2005) “mementos of devotion". Jy kon hulle op jou kassetdek speel en later op jou Walkman of ghetto blaster. Dit het alles oor deel met ander gegaan: musiek, smaak, boodskappe, kwesbaarhede...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.