Selfs The Economist sê die naoorlogse internasionale ekonomiese orde is op die rand van ineenstorting, wat die wêreld laat kyk na ’n nuwe era van kennisproduksie en vooruitgang, skryf ISMAIL LAGARDIEN.
’n PAAR maande gelede het iemand in hierdie kampung verbasing uitgespreek oor die manier waarop ek, soos hy verduidelik het, ratte verwissel tussen onderwerpe wat ek in my rubrieke en essays in die media bespreek. Ek het nie ’n gesprek aan die gang gesit nie, maar ’n tipiese middag in Londen ’n paar dekades gelede onthou. Ek was by ’n universiteitseminaar oor globale finansies, waar van my verwag is om ’n bydrae te lewer. Teen die einde van die seminaar het ek die kampus verlaat, ’n lang ent deur Covent Garden gestap, by die Springbok Bar ingeloer waar ek ’n kort, moeilike gesprek met iemand gehad het oor hoe betekenisloos simbole van volkstrots is, en daarna op die Tube huiswaarts gekeer.
Tuis in Golders Green het ek ’n kort gesprek met die seun van ’n voormalige uitgewekene oor Suid-Afrikaanse politiek en die North London derby (https://www.arsenal.com/news/5-obscure-stats-about-north-london-derby-history) (ons was Gooners) gevoer. Ek het toe ’n vegetariese maaltyd (hoemoes en falafel) in die hoofstraat van ’n buurt gaan eet wat die tuiste van een van Londen se grootste Joodse gemeenskappe (https://parkeastdayschool.org/golders-green-a-jewish-epicenter-in-north-london-2/) was. Seker so ’n week tevore het ek ’n soortgelyke maaltyd in Edgware Road geëet, waar die meeste van die winkels en restaurante deur mense van oral in die Arabiese wêreld (https://www.londonstranger.com/multi-cultural-london/arabic-community-in-london) besit of bedryf is, met Suid-Indiese winkeliers plek-plek in hierdie bekende Londense straat. Baie mense daar het my gesig leer ken en ek het hulle soms pretensieus in Hebreeus, Arabies of Urdu gegroet.
Ek dink ek was vir hulle ’n bron van vermaak en ligte, speelse tergery, maar dit was oukei. Ek was immers die kort, bles, bebrilde, oor-die-muur-joernalis wat in biblioteke weggekruip het, op die rand van politieke wanhoop – en wat binne ’n paar jaar as’t ware sou blom tot waar ek nou is: heeltemal pessimisties. In elk van hierdie ruimtes, van seminare tot klein disse in Joodse, Arabiese en Pakistanse kafees, moes ek iets sê of op vrae reageer. Dit was toe ek bewus geword het van wat iemand ratwisseling tussen onderwerpe genoem het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
LIGTE PANIEK
Ons soeke eindig nie by die Weste nie
Selfs The Economist sê die naoorlogse internasionale ekonomiese orde is op die rand van ineenstorting, wat die wêreld laat kyk na ’n nuwe era van kennisproduksie en vooruitgang, skryf ISMAIL LAGARDIEN.
Deel
’n PAAR maande gelede het iemand in hierdie kampung verbasing uitgespreek oor die manier waarop ek, soos hy verduidelik het, ratte verwissel tussen onderwerpe wat ek in my rubrieke en essays in die media bespreek. Ek het nie ’n gesprek aan die gang gesit nie, maar ’n tipiese middag in Londen ’n paar dekades gelede onthou. Ek was by ’n universiteitseminaar oor globale finansies, waar van my verwag is om ’n bydrae te lewer. Teen die einde van die seminaar het ek die kampus verlaat, ’n lang ent deur Covent Garden gestap, by die Springbok Bar ingeloer waar ek ’n kort, moeilike gesprek met iemand gehad het oor hoe betekenisloos simbole van volkstrots is, en daarna op die Tube huiswaarts gekeer.
Tuis in Golders Green het ek ’n kort gesprek met die seun van ’n voormalige uitgewekene oor Suid-Afrikaanse politiek en die North London derby (https://www.arsenal.com/news/5-obscure-stats-about-north-london-derby-history) (ons was Gooners) gevoer. Ek het toe ’n vegetariese maaltyd (hoemoes en falafel) in die hoofstraat van ’n buurt gaan eet wat die tuiste van een van Londen se grootste Joodse gemeenskappe (https://parkeastdayschool.org/golders-green-a-jewish-epicenter-in-north-london-2/) was. Seker so ’n week tevore het ek ’n soortgelyke maaltyd in Edgware Road geëet, waar die meeste van die winkels en restaurante deur mense van oral in die Arabiese wêreld (https://www.londonstranger.com/multi-cultural-london/arabic-community-in-london) besit of bedryf is, met Suid-Indiese winkeliers plek-plek in hierdie bekende Londense straat. Baie mense daar het my gesig leer ken en ek het hulle soms pretensieus in Hebreeus, Arabies of Urdu gegroet.
Ek dink ek was vir hulle ’n bron van vermaak en ligte, speelse tergery, maar dit was oukei. Ek was immers die kort, bles, bebrilde, oor-die-muur-joernalis wat in biblioteke weggekruip het, op die rand van politieke wanhoop – en wat binne ’n paar jaar as’t ware sou blom tot waar ek nou is: heeltemal pessimisties. In elk van hierdie ruimtes, van seminare tot klein disse in Joodse, Arabiese en Pakistanse kafees, moes ek iets sê of op vrae reageer. Dit was toe ek bewus geword het van wat iemand ratwisseling tussen onderwerpe genoem het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Vrye Weekblad het jóú nodig
Die alledaagse vrae wat jou mal maak
Kom ons hoor ál Suid-Afrika se stories
Jou huis is presies waar jy moet wees
Wie kan by die ANC oorneem?
Deel
-
Deel
Ismail Lagardien
SkrywerIsmail Lagardien skryf al van toeka se dae af. Hy is 'n rubriekskrywer wat worstel met die realiteit om hom. Hy was op die sekretariaat van die nasionale beplanningskommissie en is 'n besoekende professor by Wits se Skool vir Regeerkunde.