My emmer is amper leeg

DIE LONG ISLAND-KLANK

My emmer is amper leeg

‘Don't think twice, it's all right,' het FRED DE VRIES gedink toe hy ’n uitnodiging uit New York na ’n konsert met Dylan, Nelson, Plant en Krauss kry.

ELKE T-hemp vertel 'n storie. Ek het rondgekyk en 'n hele paar bles manne opgemerk wat T-hemde gedra het met slagspreuke soos: “I’m old, but I see no reason to act my age”, “It’s weird being the same age as old people” of “Don’t be jealous just because I look this good at 60”. Die boodskap was duidelik: Hierdie ouens was nog jonk van gees; ouderdom is niks anders as 'n nommer nie. Dan was daar baie tie-dye-hemde en 'n hele paar afbeeldings van Grateful Dead-simbole. Ou hippies sterf nooit.

Maar die meeste T-hemde het hulde gebring aan die mense wat vanaand hier sou optree: Robert Plant en Alison Krauss, Bob Dylan en Willie Nelson. Om deesdae na 'n konsert te gaan is 'n bietjie soos om na 'n sokkerwedstryd te gaan: Jy wys jou ware kleure. My poging was meer besadig – ek het my blou-en-wit Luckenbach-hemp gedra, ’n verwysing na die klein Texas-plek met die country-gevoel, die plek waarvan Waylon Jennings gesing het, daar waar, volgens die legende, “almal iemand is”. Niemand het my hemp raakgesien nie, dit was te subtiel.

Die respektabele ouderdom van 75..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.