Waar leë swembaddens en gras kuns word

UIT DIE OOG VAN ’N SKILDER

Waar leë swembaddens en gras kuns word

Om die verval van mensgemaakte strukture én herlewing van die natuur te dokumenteer, is die Oos-Vrystaatse kunstenaar Willem Pretorius se dryfvere, skryf HANNÉ KOSTER. Hy probeer nie sê dit is goed of sleg nie, dit is net hoe dit is.

ROSENDAL is ’n dorpie in die Oos-Vrystaat, omring deur sandsteenberge. Daar is twee teerstrate, die res is van grond. As dit reën, word alles ’n modderbad. As dit droog is, jaag voertuie stof hoog die lug in, en as die wind nie waai nie, bly dit so hang, voor dit stadig weer lêplek soek. As die melklorrie by die skilder Willem Pretorius en sy vrou, Linda, se huis verbyry, hardloop hy buitentoe met sy selfoon om te sien hoe die strale van die vroegoggend- of laatmiddagson en die stof met mekaar praat en iets maak wat dalk net ’n paar oomblikke lank gaan bestaan, tensy hy dit op doek vasvang.

Toe Willem en Linda jare gelede die eerste keer in Rosendal ingery het, het sy vir hom gesê: “Dis so ’n mooi plek hierdie; dis jammer dat ’n mens nie hier kan bly nie, want wat sal jy nou hier doen?” In daardie stadium het hy by ’n meubelwinkel in Pretoria gewerk en sy salaris aangevul met tekeninge en skilderye wat hy vir mense gemaak het.

Hulle het toe reeds dikwels in die Vrystaat kom vakansie hou, want Linda se ouers het op Lindley gebly en dit is waar sy en Willem ook getroud is. Tydens hul kuiers op Lindley het hulle die omgewing verken, daguitstappies na ander dorpies gedoen, en dis hoe hulle die eerste keer op Rosendal afgekom het. Baie mense dink aan die Vrystaat as ’n plek met uitgestrekte grasvlaktes en mielielande, en nogal plat, maar in hierdie deel van die provinsie sorg die sandsteenberge vir ’n heel ander landskap as die stereotipiese Vrystaatse toneel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.