Jill Biden | Ja, daar ís ’n doktor in die Withuis

GENDER-PARADOKS IN DIE WITHUIS

Jill Biden | Ja, daar ís ’n doktor in die Withuis

Daar’s ’n vasberade beroepsvrou by Pennsylvanialaan nommer 1600 en ’n ledige ‘second gentleman’ by Observatorysingel nommer 10 sedert die Biden/Harris-span dié week die leisels in die VSA oorgeneem het. ANNELIZE VISSER beskou die gender-paradoks wat die Biden-era Woensdag ingelei het, en die ewigdurende raaisel van Melania Trump.

DAAR is sewe sekondes in die aanloop tot die Amerikaanse verkiesing wat boekdele spreek. Die Demokratiese kandidaat vir die presidentskap staan op ’n vliegveld met verslaggewers en gesels. Sy vrou stap nader en, sonder om ’n woord te sê, vou sy haar hande om sy arms en trek hom sagkens maar sonder seremonie vier treë agteruit. Dan draai sy om en stap weg.

Nou is hy veilig.

’n Storie wat langer as vier dekades is, word in dié sewe sekondes saamgevat. Dit begin in 1975 toe die 25-jarige Jill Jacobs, ’n student aan die Universiteit van Delaware, instem tot ’n toe-oë-afspraak met ’n jong wewenaar en die pa van twee klein seuntjies. “Dít gaan in ’n miljoen jaar nie werk nie,” dink sy toe hy in ’n sportbaadjie en insteekskoene opdaag...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.