Trump het Amerika se aanstootlike kant duidelik vir ons kom wys

RYKE VERVAL VOORDAT HULLE INEENSTORT

Trump het Amerika se aanstootlike kant duidelik vir ons kom wys

Donald Trump was daarop ingestel om etno-nasionalisme te bevorder – 'n president wat sonder enige gewetenskwelling ritse rassistiese aanmerkings uitgespoeg en oproer aangehits het. Daar is ’n baie sterk gevoel dat Amerika nooit weer dieselfde sal wees nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DONALD TRUMP het eens en vir altyd ’n bepaalde hoogs onaantreklike kant van ’n land blootgelê waarvoor so baie mense vir ’n baie lang tyd net die hoogste agting gehad het. Sy presidentskap is waarskynlik die laaste een van die VSA as globale leier, buiten in militêre terme.

Wees geduldig met my ... Wanneer ek af en toe fotografielesse aangebied het, het ek die studente altyd aangeraai om rondom die onderwerp te stap, dit as ’n stadig draaiende spieëlbal te beskou en te kyk na hoe die lig vanuit elke spieël breek. As jy te ver weg gestaan en jouself net ’n enkele perspektief gegee het, het ek verduidelik, sou jy dalk net ’n glinsterende bal in ’n funky diskoteek gesien het.

Trump het op ons – ek sou hoop te veel van ons – die talle maniere afgedwing waarop ons die land sou wou begryp of veronderstel wat ons wêreld, politiek, instellings, tegnologie en so baie van ons kultuur fundamenteel gevorm het – asook in ’n mate hoe ons oor oorlog voel of wat ons daarvan dink, sowel as van die interne en eksterne soewereiniteit van lande. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.