Van die Paarl tot Pravda: ’n Suid-Afrikaanse sjef in Moskou

для барбекю!

Van die Paarl tot Pravda: ’n Suid-Afrikaanse sjef in Moskou

Charlé Visser is 'n klong van die Boland. Ná 'n paar wye draaie by 'n paar topkombuise in Londen is hy nou 'n sjef in Moskou. ANNELIESE BURGESS het met hom gesels oor kook met steur en bokwiet, hoe hy vlot Russies leer praat het en die spesiale braaivleise wat hy vir kliënte by hulle datsjas buite Moskou hou.

EEN van die lekkerste goed wat hy nog ooit geëet het, sê Charlé Visser, was in die snerpende koue van sy eerste wit winter in die Russiese hoofstad: Borodinsky-brood, 'n tradisionele Russiese rogbrood, met 'n dik laag bereide varkvet en peperwortel, afgesluk met 'n knerts yskoue vodka.

Dié bekendstelling aan Rusland is nou al sewe jaar in die verlede, maar hy het daarna 'n obsessie gehad om 'n resep te ontwikkel wat dié swart rogbrood, wat met melasse, karwy en koljandersaad gegeur word, te verbeter. “Tradisionele Borodinsky-brood is swaar. Ek wou daardie selfde wonderlike smaak vasvang maar 'n bietjie ligter en losser tekstuur hê. En ek dink my weergawe, ná baie probeerslae, ís beter as die oorspronklike een. Maar dit gee die tradisionaliste die piep, want my resep sluit donker kakaopoeier in," lag hy lekker oor die kommentaar onderaan sy YouTube-video waar hy wys hoe hy dit bak.

Van rugby tot Rusland..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.