EK was baie lank ’n bachelor, so ek het altyd geweet hoe om vir myself kos te maak. Varktjops in ’n pan. Sagte, klam roereier (my maat Jacques se raad was om botter by te sit) met gerookte salm. Boeliebief en kool. Mieliepap en wors. Smoorsnoek met rys. En dit was omtrent my hele repertoire. O, en braai.
Maar die laaste paar jaar het ek al hoe meer die behoefte gehad om lekkereet-kos te maak, eerder as net maagvolmaak-kos. En ek wou my vrou se idee dat ek ’n tipiese Boerepatriarg is wat glo mans hoort nie in die kombuis nie, vals bewys.
Ek begin toe sonder hulp (of medewete) van my vrou ’n paar disse aanpak wat ek self graag sou wou eet en weet my gesin sou ook geniet. En dit is toe nie so kompleks as wat ek gevrees het nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Grense verskuif en koeie geslag