Die dag toe Gentleman Jim vir Ricey onttroon het

UIT DIE ARGIEF

Die dag toe Gentleman Jim vir Ricey onttroon het

Sportliefhebbers sal onthou dit was groot nuus in die 90’s toe Clive Rice binne een week van sy rol as Springbok-krieketkaptein én sy plek in die Bok-span ontneem is. Hy was uiteraard nie in die wolke oor dié skuiwe nie, maar hoe het sy opvolger, Jimmy Cook, oor al die polemiek gevoel? TINUS HORN het destyds daaroor geskryf.

IN beter dae was Clive Rice die soort kaptein wat ’n wedstryd heeltemal kon oorheers; as hy hom nie eiehandig met die kolf kon wen nie, het hy dit met die bal gedoen. Sy opvolger, Jimmy Cook, verkies ’n meer subtiele benadering. Net soos Ali Bacher, wat die Springbokke met soveel welslae in die 1969/’70-reeks teen Bill Lawry se Aussies aangevoer het, glo hy ’n kaptein is maar net nog ’n speler wat nie noodwendig ’n belangriker rol in die spanopset te speel het as enigiemand anders nie.

Omdat Cook nie die kapteinskap as ’n las beskou nie, meen hy dat sy kolfwerk glad nie deur die nuwe verantwoordelikheid geraak sal word nie. “Die feit dat dit ek is wat nou die loting doen en die besluite neem, het tog niks met my eintlike roI – dié van toporde-kolwer – uit te waai nie. Dit is twee afsonderlike take en ek sal hulle as sodanig benader.” Hy voel juis dat die kapteinskap ’n rol is wat liefs deur ’n kolwer vervul moet word. “Boulers wat ’n span lei, is geneig om hulself óf te veel óf te min in te span. ’n Kolwer is in dié opsig meer objektief.”

Die keurders se besluit om Cook bo Rice as kaptein aan te wys is vandeesweek kwaai in al die dagblaaie gekritiseer. Een rubriekskrywer het onomwonde verklaar dat hy duidelik nie toegerus is vir die taak nie omdat hy nog net in 10 eersterangse wedstryde kaptein was. Cook loop nietemin oor van selfvertroue...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.