’n Vars bries vir ’n sukkelende stad

PROFIEL

’n Vars bries vir ’n sukkelende stad

Tshwane se nuwe onderburgemeester het nasiebou bestudeer, is agterdogtig oor politici en sê ‘haar mense’ kom in alle skakerings en vorme voor. ANNELIESE BURGESS praat met Nasiphi Moya oor wat haar na ActionSA aangetrek het, hoekom sy dink die stad 'n ommekeer maak en hoekom sy regtig van die DA-burgemeester hou.

SOMS voer ek 'n onderhoud met iemand wie se entoesiasme so aansteeklik is dat ek voel ek sit by hulle in die kamer in plaas daarvan om met 'n skerm te praat. Nasiphi Moya is so iemand.

Ons onderhoud vind om 17:00 op 'n Woensdag plaas. Ná 'n dag van terreinbesoeke regoor die hoofstad, stuur sy net ná 16:30 vir my 'n SMS om te laat weet sy is op pad huis toe en dat die verkeer druk is, maar sy sal “betyds wees". Presies om 17:00 laat weet my rekenaar sy “wag om tot ons vergadering toegelaat te word” en ondanks haar lang dag is sy energiek en glimlag van oor tot oor.

“My werk in die stad is tweeledig: enersyds is ek natuurlik die onderburgemeester, maar ek is ook die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskaps- en maatskaplike ontwikkeling. Dit is 'n portefeulje wat maklik nie die soort aandag kry wat dit nodig het nie," sê sy. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.