DIE Paasnaweek is hier, en daarmee saam kom die verhoogde risiko van ’n toename in Covid-19-infeksies en ’n derde golf. Gaan nog nuwe variante ons tref, en gaan ons betyds miljoene Suid-Afrikaners geïmmuniseer kry?
Eers, die groter prentjie: Prof. Bruce Bassett, ’n kenner in toegepaste wiskunde aan die Universiteit van Kaapstad, het die afgelope jaar gehelp met berekenings oor die verloop van die pandemie in die land. Hy verduidelik dat kenners onder meer kyk na die sogenaamde R0- en Rt-waardes as ’n maatstaf van ’n oordraagbare siekte se potensiële verspreiding.
Die R0-waarde is die basiese reproduktiewe getal van die virus. Dit verwys na hoeveel ander mense by ’n enkele geïnfekteerde mens sal aansteek in ’n bevolking wat nog nie voorheen aan die siekte blootgestel is nie. Wanneer die R0-waarde tot nul daal, beteken dit die epidemie het tot ’n einde gekom. As die R0-waarde meer as 1 is, beteken dit die epidemie versprei steeds, want elke sieke infekteer gemiddeld minstens een ander mens...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
SA se virusdeurbraak was ’n Kersgeskenk