12 stukkies van die komplekse Chinese legkaart

PANDEMIE IS NOG HET EINDE NIET

12 stukkies van die komplekse Chinese legkaart

Terwyl ’n agterdogtige Weste dikwels vermoed alles wat in China gebeur is deel van een of ander grootse plan, beteken die nuutste Covid-uitbraak in Shanghai dat pres. Xi Jinping glad nie stewig in die saal is nie. WILLEM KEMPEN het ’n klompie stukkies van die legkaart uitgesoek.

* DIE Chinese stad Shanghai is tans die middelpunt van een van die ergste uitbrake van Covid-19 sedert die oorspronklike gevalle meer as twee jaar gelede in Wuhan aangemeld is. Die Chinese regering het hierop gereageer deur die inwoners van Shanghai en omstreke die afgelope sowat drie weke opnuut aan streng en hoogs ongewilde inperkings te onderwerp. China was in die vroeë dae van Covid-19 baie suksesvol met sy inperkingstrategie, maar ál meer kenners meen dit regverdig nie die geweldige ekonomiese koste daarvan nie.

* Xi het dié benadering nogtans vandeesweek verdedig en gesê dit bly die eerste doelwit om sterftes te beperk. Shanghai se strategiese belang as ’n finansiële sentrum beteken dat die gevolge van die inperkingsmaatreëls regdeur die Chinese ekonomie én die res van die internasionale ekonomie gevoel word. Xi is dus onder geweldige druk om die uitbraak onder beheer te kry en die Chinese ekonomie so gou moontlik weer oop te stel.

* Hoewel daar tekens is dat die ergste van die huidige Shanghai-uitbraak dalk reeds verby is, is ’n skerp toename in die getal ernstig siek Covid-pasiënte vandeesweek gerapporteer, wat kommer wek dat verdere sterftes onvermydelik is. Die getal pasiënte in ’n ernstige of kritieke toestand in die stad het meer as drievoudig toegeneem van net meer as 50 tot 159 die afgelope Woensdag. Die totale sterftes weens die huidige uitbraak staan op 25, maar die getal nuwe infeksies het in die vier dae tot Woensdag elke dag afgeneem, tot 18,495 op Woensdag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.