DALK moet ons hier in Suid-Afrika liewer stilbly oor ander mense se probleme, maar aan die ander kant is ons óók dieper in die moeilikheid sonder die VSA se voorbeeld van ’n oop samelewing met persoonlike vryhede waar die staat aan dieselfde duidelike stel reëls as gewone landsburgers onderworpe is.
In elk geval is die strydpunte baie dieselfde daar as hier by ons, weliswaar met ’n graadverskil: maatskaplike verdeeldheid, ekonomiese agteruitgang, wantroue in die staat, populistiese leiers wat hul eie korttermynbelange voorop stel. Die VSA het sy eie weergawe van misdaad en wetteloosheid wat erger word; van mal mense met gewere wat in skole of winkelsentrums aan die skiet gaan. Oor alles hang die vrees dat ’n snel veranderende klimaat besig is om die oorhand oor ons almal te kry.
En net soos hier by ons wonder mense aan alle kante van die politieke spektrum of die waardes van ’n veelparty-demokrasie en die oppergesag van die reg hoegenaamd nog die beste manier is om die pad vorentoe te stap...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.