DIE bebaarde man met die kortmou-safaripak het op die ysterwiel van die wa gaan sit, trane uit sy oë gevee en gesê: “Ek is eintlik maar net ’n seun van die veld wat my vaderland innig lief het. Ek is soos ’n Noag van ouds wat ’n ark moet bou – ’n ark vir my eie Boerevolk.”
Dit is Februarie 1986 by die Voortrekker-gedenkmonument by Bloedrivier. Op die wa sit Eugène Ney Terre’Blanche, hoofleier van die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB). Hy is 40 jaar oud en op die kruin van sukses.
Hy spreek 12 vergaderings en sowat 10,000 mense per maand toe. Die ledetal van die AWB klim tot meer as 100,000. Die buitelandse pers hang aan sy lippe en die binnelandse media skreeu histeries oor die bedreiging wat hy inhou. Hy breek NP-vergaderings op en maak van Pik Botha ’n gek. Hy beledig die Staatspresident as ’n “rugmurgontwaterde smurfie” en ’n “dowe hond”. Hy word die groot vredemaker onder die regse groepe...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
‘Ek is ’n Vlakplaas-massamoordenaar’