12 redes hoekom Unisa op ’n gevaarlike afgrond is

HOËR ONDERWYS

12 redes hoekom Unisa op ’n gevaarlike afgrond is

Meer studente druip aan Unisa as enige ander universiteit, en 'n verslag oor die instelling se mislukkings lees soos 'n gru-riller se draaiboek. Unisa het ’n aanbeveling beveg dat hy onder administrasie geplaas moet word. ANNELIESE BURGESS vra of Afrika se grootste universiteit steeds as lewensvatbare akademiese instelling beskou kan word.

UNISA is die grootste universiteit in Afrika, met sowat 400 000  studente. Dit is nagenoeg 'n derde van alle universiteitstudente by openbare universiteite in SA. Meer as 50% van al Suid-Afrika se onderwysers word hier opgelei. En tog druip meer studente hier as by enige ander van die land se 25 openbare universiteite.

Om die woord “krisis” te gebruik om die stand van sake by Unisa te beskryf is nie naastenby voldoende nie, want die bestuursprobleme, onbevoegdheid en versplinterde gevestigde belange wat al van 2015 af kom, is so verstommend en diepgaande.

Die woord “mislukking” (of “failure") kom 121 keer voor in die jongste verslag van die onafhanklike assessor wat deur die minister van hoër onderwys aangestel is om vas te stel wat besig is om by Unisa te gebeur en 'n pad uit die gemors te vind...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.