Op die Weermag se spoor van ’n marteling, ’n ontvoering en ’n moord

HET DIÉ GROEP ‘SPESIALE MAGTE’?

Op die Weermag se spoor van ’n marteling, ’n ontvoering en ’n moord

Die organisasie Open Secrets beweer in 'n reeks ondersoeke dat 'n ‘Death Squad' in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) bestaan wat hulle aan marteling en moord skuldig maak. Waar kom dié beweringe vandaan, en wat moet ons maak van die SANW se ontkennings?

DIE hoof van die SANW, genl. Rudzani Maphwanya, het verlede Donderdag self die nuuskonferensie gelei in reaksie op Open Secrets (https://www.opensecrets.org.za/) se ondersoek (wat ook deur Daily Maverick (https://www.dailymaverick.co.za/article/2023-12-08-sandf-confirms-inquiry-heard-torture-allegations-but-denies-existence-of-military-death-squad/) gepubliseer is) sowel as op Carte Blanche (https://www.dstv.com/m-net/en-za/show/carte-blanche/season/36/videos/sandf-torture-squad/video) se program daaroor wat op 3 Desember uitgesaai is.

Die beweringe kom daarop neer dat 'n elite-groepering binne die SANW bestaan wat hulle nie aan die landswette steur nie en betrokke is by die marteling van aangehoudenes en selfs in minstens een geval by 'n politieke moord op 'n senior polisieman.

Die raaisel oor die Russiese vragskip Lady R wat in Desember verlede jaar in die Simonstadse Vlootbasis vasgemeer het, en die betrokkenheid van so 'n SANW-groepering daarby, is sentraal tot Open Secrets se ondersoek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.