Arm studente dakloos terwyl NSFAS en regering swyg

STUDENTEKRISIS

Arm studente dakloos terwyl NSFAS en regering swyg

Daar is 'n studentebehuisingskrisis aan die broei, en net soos verlede jaar, toe duisende arm studente nie hulle maandelikse toelaes ontvang het nie, is NSFAS te blameer. En selfs al maak studente al aanlyndreigemente van 'n 2024 Fees Must Fall-veldtog, sit die regering skynbaar handjies gevou, skryf ILSE SALZWEDEL.

“Black child, you’re on your own”, 'n variasie op wyle Steve Biko se “black man, you’re on your own”, is 'n baie gewilde gesegde op sosiale media, veral sedert die 2015 #FeesMustFall-veldtog. Biko se woorde destyds was die slagspreuk van die South African Student's Organisation (SASO).

“Waar is ons toelaes?”

DIE afgelope twee weke het hierdie woorde vir my 'n heel nuwe betekenis en konteks gekry. Sedert die Outa-onthullings (die organisasie teen belastingmisbruik) op 4 Januarie vanjaar oor geheime stemopnames waarin die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, en die voorsitter van die NSFAS-raad, Ernest Khosa, geïmpliseer word in omkopery deur NSFAS-diensverskaffers, word sosiale media oorstroom deur die hulpkrete van behoeftige studente wat angstig wag op antwoorde van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.