Trump se onsinnige geklets kan pynlike gevolge hê

MAGAFRIFORUM

Trump se onsinnige geklets kan pynlike gevolge hê

Die Amerikaanse president wissel soms sy onsinnige geklets af met die praat van 'n bietjie AfriForums, reken PIET CROUCAMP. En hoewel Donald Trump nie altyd ernstig opgeneem behoort te word nie, het sy Withuis-besluite pynlike gevolge vir arm, swart Suid-Afrikaners.

DIE vreemdste ding so vroeg al in president Donald Trump se tweede termyn as president van Amerika, is hoe hy die mees bisarre dinge kwytraak en die media dan daarmee omgaan asof dit werklikhede is.

Die afgelope week kondig hy aan dat Egipte en Jordanië die 2 miljoen inwoners van Gaza moet inneem sodat hy die kans kan kry om die gebied in die “Riviera van die Midde-Ooste" te omskep. Die meeste internasionale nuuskanale asook die plaaslike media bespreek sy uitspraak asof dit net nog 'n opsie is wat rype bepeinsing verdien. Min vertel hom hy is belaglik en nog minder ignoreer hom.

Sy voorstel dat Kanada die 51ste staat van Amerika word en dat Groenland onder Amerikaanse beheer kom, word eweneens met erns bespreek. Hier in Suid-Afrika kom die hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, Jaco Kleynhans, 'n lewenslange sikofant van Amerikaanse hegemonie, met die argument dat Suid-Afrika vir ons eie beswil moet uitreik na Trump en die Amerikaners. Nadat die organisasie wat hy verteenwoordig, gepleit het vir selektiewe sanksies teen Suid-Afrika...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan [email protected].