KITSKENNIS | Op pad na swerms vlieënde fone wat vreesloos en...

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | Op pad na swerms vlieënde fone wat vreesloos en veglustig voortsnel

Die missiele wat die dood van Iran se genl.maj. Qassem Soleimani veroorsaak het, is afgevuur deur ’n onbemande vliegtuig – ’n sogenaamde “drone" – wat waarskynlik vanuit ’n Amerikaanse lugmagbasis in Nevada beheer is. Ons gaan al hoe meer van dié soort oorlogvoering sien, skryf WILLEM KEMPEN.

Kan ons ophou om na ’n gevaarlike stuk wapentuig as ’n “hommeltuig” te verwys?

Ja, ons kan. ’n Hommelby maak “zoem” en het nie ’n angel nie, so “hommeltuig” werk dalk vir daardie raserige goedjies wat jy by Pick n Pay kan koop, maar nie vir ’n gesofistikeerde masjien wat in doodse stilte enige plek op die aardbol verwoesting kan saai nie.

Die Amerikaners verwys na hulle as onbemande lugvoertuie (unmanned aerial vehicles oftewel UAVs), en dis beslis ook nie verkeerd om hulle bloot vliegtuie te noem nie. (Dalk kan ons sommige van hulle selfs “dreuntuie” noem, as die Taal-i-ban ons nie te lyf sal gaan nie.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.