LEES WEER | Disvanhonderdegoedgelykwildoendat ...

SKERMFLERRIE

LEES WEER | Disvanhonderdegoedgelykwildoendat niksklaarkomnieenonsniksmeerkanonthounie

Die nuwe jaar het skaars begin en ons is al weer aan die woel. Kan jy meer as een taak gelyk doen? Het jy 'n klomp verskillende skerms terselfdertyd oop, elkeen met sy eie ry oop oortjies? En wat is die impak van so 'n ge-multitaak veral op jou geheue en aandagspan? ANNELIZE VISSER kyk na die navorsing in hierdie artikel, wat op 6 November 2020 in Vrye Weekblad verskyn het.

TEN einde hierdie storie betyds vir dié week se spertyd klaar te kry, moet ek “multitaak”, soos mens blykbaar nou in Afrikaans kan sê.

Hiermee bedoel ek nie dat ek terselfdertyd my oog op die stoof hou waar die aandete aan die prut is nie (dit ook). Dit gaan hier spesifiek oor media-multitaakverrigting, wat beteken dat ek op enige gegewe oomblik my aandag tussen verskeie mediakanale verdeel.

Op my rekenaarskerm is ’n hele paar oortjies oop. By een worstel ek deur ’n studie oor media-multitaakverrigting (MMT) waaruit navorsers nogal ontstellende afleidings maak oor die moontlike impak van MMT op breinfunksie. By nog een wag ek vir ’n e-pos van die teksversorger wat Yotam Ottolenghi se resepte vir dié uitgawe nagaan. Sodra ek dié e-pos ontvang, gaan ek gou my leeswerk onderbreek om die resepte en foto’s in die stelsel te laai sodat ek nie die produksie van die uitgawe vertraag nie. Wanneer ek ’n blaaskans vat, soek ek krane en wasbakke vir die nuwe badkamer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.