Common kos, misdaad en sprokies

KERNEELS LEES WYD

Common kos, misdaad en sprokies

KERNEELS BREYTENBACH dis aptytwekkers vir elke leessmaak op, soos gewoonlik, waaronder ’n uiters vermaaklike kosboek met resepte uit die vorige eeu waarby jy skynbaar enige bestanddeel behalwe modder kan voeg.

IN die dae toe Human & Rousseau nog Huisgenoot Wenresepte uitgegee het, is ons dikwels deur ACVV-takke op die platteland genader om hul resepte-versamelings te publiseer. Dit was ’n amper logiese gevolg – die susters in al die uithoeke van die land het waarskynlik self rojaal bygedra tot die skatkis van lesersresepte wat eers Annette Human en daarna Carmen Niehaus getoets en in die tydskrif self gepubliseer het.

Dit was nie net die ACVV-takke wat sulke versamelings byeengebring het nie. Talle landbouskoue het sulke vlyt opgelewer. Jy kan maar dink watse wonderlike potjiekos-idees is in die Vrystaat, noord van die Vaalrivier en selfs in Worcester uitgedink.

B. Dylan Hollis, een van die eerste geslag se TikTok-bydraers wat ’n celeb geword het, het van kleins af sulke reseptebundels versamel. Suid-Afrika is nie die enigste land waar die susters gestreef het na ’n groter leeskring as hul gemeente of landboustreek nie. Nou het hy ’n keur uit sy Amerikaanse versameling gebundel in die boek Baking Yesteryear...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.