Stilte en skuiling vir ’n seer hart

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Stilte en skuiling vir ’n seer hart

ANNELIESE BURGESS vertel van drie dae van stilte op ’n plaas in die Klein-Karoo, deel ’n gedig en gee oudergewoonte ook haar dit-en-dat-aanbevelings.

  • 05 Maart 2023
  • Daagliks
  • 4 min om te lees
Image: ANGELA TUCK

Goeiemore liewe vriende

Soms moet ’n mens skuiling soek van die wêreld en daar is drie plekke in die wêreld waar ek weet ek dit kan doen.

Een daarvan is in ’n klein huisie op Doornkraal, ’n familieplaas net buite De Rust. Ek het laas daar gebly aan die stertkant van Covid toe ek vir die eerste keer in byna twee jaar ’n padreis aangepak het om ’n artikel te gaan skryf oor die wonderlike kos wat in Doornkraal se kombuis opgetower word.

Image: ANNELIESE BURGESS

Ek stuur vir Celia ’n boodskap om te vra of die Kerneelia-kothuis beskikbaar is – ’n eenvoudige huisie tussen aalwyne met kerse en paraffienlampe en ’n donkie wat gestook moet word vir warm water. ’n Donker slaapkamer met koel, wit linne. Die reuk van rook en seep. ’n Stort met ’n klein, ronde venstertjie wat die krulle van ’n prieel omraam. Twee stoele met gehekelde komberse onder ’n afdak. ’n Uitsig oor landerye en skape en skure en die forse wal van die Stompdriftdam.

Image: ANNELIESE BURGESS

Celia laat weet onmiddellik: JA! En sy los vir my die deur oop. En daar’s baie hout vir ’n vuur. En die “swemgat” (’n yslike wynvat) is vol vars water. Die Doornkraal-mense wéét van gasvryheid.

Die luukse van eenvoud en afgeleënheid en stilte het my tóé oorrompel en dit het hierdie keer weer.

Image: ANNELIESE BURGESS
Image: ANNELIESE BURGESS

Ek sit laatmiddag op die agterstoep. My skootrekenaar op die tafel. Die vuur brand. Die berge gloei in die laaste lig. Celia is die boer op Doornkraal. Net ná uitvaltyd, op my eerste dag daar, hou sy stil met haar motorfiets. In die sak oor haar skouer is ’n bottel merlot van haar pa, oom Swepie. Sy sê ek moet vir my gaan groente pluk in die tuin vir aandete.

Ek maak eiervrug gaar op die kole, met ’n hand vol basiliekruid. En klein, soet tamaties. En gaan slaap daarna met die venster wyd oopgegooi om die nag in te laat.

Ná drie dae van werk-in-stilte (die guns wat Covid ons gedoen het, is om remotely te kan werk) kan ek voel hoe die golf wat my laat sand vreet het die laaste paar weke begin terugtrek.

Image: ANNELIESE BURGESS

Today

Today I’m flying low and I’m
not saying a word.
I’m letting all the voodoos of ambition sleep.

The world goes on as it must,
the bees in the garden rumbling a little,
the fish leaping, the gnats getting eaten.
And so forth.

But I’m taking the day off.
Quiet as a feather.
I hardly move though really I’m traveling
a terrific distance.

Stillness. One of the doors
into the temple.

Mary Oliver, uit haar bundel A Thousand Mornings

Daarmee groet ek. Salige Sondag.

Anneliese
annelieseburgess@vryeweekblad.com

As jy op Doornkraal wil gaan skuiling soek, kliek hier om meer oor die plaas te lees en verblyf te bespreek. Behalwe vir Kerneelia, is daar ook ’n ander kothuis op die plaas. Albei is lieflik. Jy kan ook op Lekkeslaap bespreek: Kerneelia hier en die Doornkraal-kothuis hier. Die Le Roux-familie se gasvryheid is legendaries. Dankie Cecilia, Julia en oom Swepie vir my dae van stilte.


Hoe om VWB 3.0 heeltemal gratis te lees! 

Vrye Weekblad is voorlopig nog gratis. Al wat jy hoef te doen om dit te kan lees, is om 'n lesersprofiel met jou e-pos te skep. Gaan na vryeweekblad.com. As jy enigsins sukkel, stuur vir my 'n boodskap by hulp@vryeweekblad.com en ek help graag.


Lees

Toe ek twee weke gelede ’n dag saam met Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Kaapstad, deurgebring het, het hy vir my twee boeke gewys wat hy oor etenstyd by die Book Lounge in Kaapstad gaan koop het.

Die eerste is Grit: Why Passion and Resilience are the Secrets to Success deur ’n sielkundige, Angela Duckworth.

En die tweede is Marie Thérèse: The fate of Marie Antoinette’s Daughter deur Susan Nagel.

’n Voetnota: Al gee ons altyd waar moontlik skakels na aanlyn koopplekke, probeer tog eerder ’n boekwinkel ondersteun.

Kook

Julle weet nou al David Lebovitz – die Amerikaner wat in Parys woon – is een van my gunsteling kos-en-drankskrywers. In sy jongste nuusbrief verwys hy na Suid-Afrika:

“One doesn’t necessarily associate South Africa with brownies (nor does one associate Spain with guacamole…), but Phil’s brownies are truly fantastic. Deep, dark chocolate, crunchy nuts, and oozing chocolate chips made these a favorite in my kitchen in Paris. They were gone by the end of the day!”

Dit reën visse

Uit ’n ander gunsteling-nuusbrief, International Intrigue, hierdie brokkie:

We all know what it means to rain cats and dogs. But in Australia, it also rains fish. Locals in Lajamanu, a community on the northern edge of the Tanami Desert, were stunned to see live fish falling from the sky last week. Strong winds there can suck water and fish from rivers and dump them hundreds of kilometres away. For heaven’s hake...

Laat jou drome kunsmatig uitlê

Kunsmatige intelligensie word mos deesdae oral ingespan. En nou kan jy ook jou drome geïnterpreteer kry:

Dream Interpreter AI

‘A big up’ vir ouer vroue

Amerika se oudste senator , Dianne Feinstein, tree af. Op 89!!!



Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.