Pak ’n paar suurlemoene in die silwerbak en maak ’n tert met die res

SAKKE VOL SUURLEMOENE

Pak ’n paar suurlemoene in die silwerbak en maak ’n tert met die res

In Vrye Weekblad van 25 Junie 1993, net mooi 28 jaar gelede, gee NETTIE PIKEUR 'n paar smak-lekker resepte met suurlemoene, van tert tot stroop tot brood (wat jy tot poeding kan maak). Lees gerus weer hierdie heerlike storie uit ons argief.

VRIND Derek verskyn by die kombuisdeur. Jy sê mos ek moenie die vrugte op Greyton van die bome laat afval nie, seg hy. Well, here they are.

En hy staan met twee enorme sakke vol suurlemoene op die drumpel. Dis een tiende van die boom se drag, verklaar Derek, en hulle is almal tegelyk ryp. Hulle is pragtig – outydse growweskilsuurlemoene, sappig met 'n geur wat die hele huis vul.

Ai, ons is darem lief vir suurlemoene. Ons pak 'n stapel in die ou silwerbak wat ek jare gelede persent gekry het. Die bak, baroklik versier met krulle om die rand en stewige handvatsels, is nie rerig silwer nie – om die waarheid te se, dis 'n trofee wat 'n ou pel jare gelede by 'n perdrykampioenskap gekry het, maar as die silwer so by die see aanslaan, kan jy nie die inskripsie op die bak uitmaak nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.