Wat is ’n bad ’n wondersoete ding

BEIGE IS NIE ’N KLEUR NIE

Wat is ’n bad ’n wondersoete ding

Bad Iris Apfel nog, wonder INGRID JONES. Die Amerikaanse stylikoon loop op 100 steeds op water in die styl-arena, maar bad sy nog?

AS jy ’n Instagram-junkie is, weet jy mense in baddens is nogal ’n ding. Dis net mooi mense met gladde, blinkbrons lywe in piepklein, wasige gewade in lemoenbloeiselbaddens terwyl hulle uitstaar oor ’n waterval iewers in die middel van nêrens, of ’n glasbad wat gevaarlik hoog oor ’n afgrond hang, bestrooi met roosblare en ’n paartjie wat sjampanje drink in die oggendmis. Nie ’n plooi in sig nie.

Jare gelede het die donker lyf van Whoopi Goldberg in ’n spierwit melkbad die tonge los gehad in ’n epiese foto geneem deur die ewe beroemde fotograaf Annie Leibovitz. Ek is ook ’n leeftyd gelede in ’n borrelbad afgeneem vir ’n artikel in De Kat oor my twee gunsteling-aktiwiteite. Bad was een daarvan en oor die ander sal ek nou nie meer in die openbaar gesels nie. Mens was mos jonk, grootbek en sonder plooie.

Ek het diep begin tob oor die vraag of Iris Apfel nog bad toe ek onlangs by ’n beige Toskaanse villa in die hart van Franschhoek gekonfronteer is deur ’n bad in die middel van die vloer tussen die bed en die leefarea. Dit het my teruggeneem na ’n wondervakansie in Mosambiek waar daar ook ’n massiewe bad was wat oor die oseaan uitgekyk het. Moeseliengordyne het liggies in die tropiese briesie gefladder en die Afrika-lug het soel deur die kamer gespoel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.