Jane, vir ewig deel van my psige

MUSIEK

Jane, vir ewig deel van my psige

KERNEELS BREYTENBACH verwoord sy heimwee ná die onlangse afsterwe van Jane Birkin: sensuele sanger, weergalose aktrise en mode-inspirasie.

DAAR is geen manier waarop ek Jane Birkin uit my lewe kan kry nie.

In 1969, die jaar waarin ek gematrikuleer het, was haar en Serge Gainsbourg se “Je t’aime … moi non plus” ’n groot treffer. Verbied deur die SAUK, van agter die toonbank verkoop in my tuisdorp se enigste platewinkel.

Terwyl Europa en die VSA in ’n seksuele revolusie gewikkel was, was dit hierdie skaam skoolseun se eerste aanduiding van hoe dit kán klink as mense vry. (As ek maar destyds geweet het Gainsbourg het die liedjie eintlik vir ’n vorige minnares, Brigitte Bardot, gekomponeer!)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.