Te veel streke met staatsdienssalarisse

IN ONS REGERING VERDIEN NIEMAND ‘PEANUTS’ NIE

Te veel streke met staatsdienssalarisse

Salarisverhogings in die staatsektor gaan onvermydelik wees, maar dit kan tot ’n minimum beperk word en moet met produktiwiteitsooreenkomste gepaard gaan, skryf CELESTE CAMPHER, akademikus en voormalige staatsamptenaar. Want te veel staatsdienswerkers word nie aanspreeklik gehou as hulle meestal handjies gevou rondsit nie.

EK het in Januarie 2004 ’n staatsamptenaar geword. Ek was 26 jaar oud, met ’n meestersgraad in ekonomie en gelukkig genoeg om as ’n adjunkdirekteur in die departement van die Vrystaatse premier onder die destydse leierskap van me. Winkie Direko aangestel te wees. Die eenheid waarin ek aangestel is, was nuut en dit was ons verantwoordelikheid om oor ’n paar groot provinsiale projekte toesig te hou. Ek het die voorreg gehad om met ’n klein groep hoogs professionele, vaardige, hardwerkende, innoverende en etiese kollegas te kon saamwerk. Ons is destyds as die room van die oes beskou en kon ten nouste met LUR’e en departementshoofde saamwerk, asook plaaslik en internasionaal reis soos die werk vereis het.

In November 2004 het ek my eerste verjaardagbonus of 13de tjek ontvang. Ek het amper flou geval! Nadat ek bevestig het dat die inbetaalde bedrag in my bankrekening korrek was, het ek in die gange van die Lebohang-gebou afgehardloop en geskree: “Ek’s ryk, ek’s ryk, ek’s ryk!” Nie in my stoutste drome het ek gedink dat ek soveel geld sou hê nie. Voordat ek ’n staatsamptenaar geword het, was ek ’n junior dosent aan die universiteit – en ek was dus taamlik seker dat ek altyd arm sou wees. Maar soos die geluk dit wou hê, het die Bybelse sewe vet jare toe vir my ’n werklikheid geword.

Die geld was goed .....

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.