IN die vroegherfs van 1989 bel ’n studentemaat my, ademloos. Sy’t vir ons ’n naweekjoppie losgeslaan! Vir die volgende maande moet ons Saterdagmiddae om 12:00 inklok by Loftus Versveld. In ons beste klere. Ons moet gaste by die rugbystadion se presidentslosie verwelkom en as gasvroue optree.
Die grootsheid daarvan was oorweldigend, asook die R50 wat ons elkeen op so ’n middag verdien het. Die jaar tevore het ek nog Saterdagoggende onwettig saam met drie manspelle voor die Sunnypark-winkelsentrum boeries verkoop. Die versigtige ou het Groenkloof-boerewors gebraai en vlieë verjaag van die ryk ou se skottelbraai. Die ou wat vakansies by OK in Johannesburg gewerk het, het rolletjies gesmeer en plastiekhouers tamatiesous en mosterd skoon gehou. Die ryk ou was rats en sjarmant. Hy was bemarker. Elke tannie wat hy naderwuif, het summier gesê “Ag Pappa, ondersteun die kind, jy weet hoe’s dit om ’n arm student te wees!”
Mý taak was om die korpulente spietkop wat ons telkemale verjaag het, te oortuig dat dit nie so erg is nie. En dat ons ampertjies klaar is. Dit het klokslag een boerie, ’n wye smaail en bondige gesprek gekos. Dan brom hy: “Oukei, ’n kwartier, dan maak julle gat skoon, of ek skryf julle.” Ons het altyd 10:00 losgetrek en het teen 12:00 in die koel fliekteater sit en Slush Puppies slurp...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.