’n Menseregteprokureur wat geen bleeding heart is nie

WAARDIGHEID VIR ALMAL

’n Menseregteprokureur wat geen bleeding heart is nie

DEBORAH STEINMAIR het met Louise du Plessis gesels oor haar werk om benadeelde gemeenskappe te bemagtig.

WATTER soort mens word ’n menseregteprokureur eerder as om skatryk skelms te verdedig en sakke vol geld te maak? Ek het met Louise du Plessis gesels en besef: Jy moet redelik onsentimenteel wees.

“Ek is nie soos mense dikwels dink human rights lawyers moet wees nie; iemand wat mense vreeslik jammer kry nie. Vir my is dit meer die uitdaging om die reg te gebruik om mense in ’n beter posisie te plaas, veral arm swart mense, deur stelsels in werking te stel wat hulle bemagtig,” vertel Du Plessis.

Sy wou eintlik ’n maatskaplike werker word en het vir toetse by die universiteit gegaan. “Toe sê hulle ek het geen aanleg vir enige huishoudelike vaardighede nie. Daarom het ek toe maar in die regte gaan studeer, wat beter uitgedraai het; dit gee jou meer mag om ’n verskil te maak.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.