Die Franse Seun, Adonis van die amaXhosa

DIE ANDER HUGENOOT

Die Franse Seun, Adonis van die amaXhosa

'n Franse tienderjarige wat in 1686 aan die Wildekus skipbreuk gely het en deur 'n Xhosa-hoofman aangeneem is, was die eerste Europeër wat 'n buite-blik op die Xhosa en hulle kultuur gegee het. MAX DU PREEZ vertel dié seun se buitengewone verhaal.

TEEN die tyd dat Jan van Riebeeck in 1652 'n verversingspos aan die Kaap gestig het, het die mense wat toe al baie, baie geslagte lank langs die Suid-Afrikaanse kus gewoon het, deeglik kennis gedra van dié bleek langhariges wat met houtskepe oor die see aangekom het.

In die jare nadat Bartolomeus Dias in 1488 om die Kaap gevaar en in Mosselbaai aan wal gegaan het, het die een ná die ander Europese skip aan die Suid-Afrikaanse kus gestrand. Heelwat van die skipbreukelinge het tussen die plaaslike mense gaan woon en is in hulle genetiese poel opgeneem, 'n klompie is doodgemaak, terwyl nog ander epiese togte onderneem het en uiteindelik deur ander Europese skepe opgelaai en huis toe gevat is.

Een van die stories is uniek: dié van die Franse tienderjarige Guillaume Chenu de Chalezac, en nie net omdat hy later in besonderhede 'n boek oor sy vreemde avontuur geskryf het nie wat in 1748 in Duits gepubliseer en later in Frans en Engels vertaal is. Die breë trekke van sy storie word deur verslae van skeepskapteins en Kaapse amptenare bevestig – daar is gewoonlik na hom verwys as “de Franse jongen”, die Franse seun...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.