Die reus in Mandela se skaduwee

VISIE VAN ’N ANDER SUID-AFRIKA

Die reus in Mandela se skaduwee

Mangaliso Robert Sobukwe is die vryheidstryder wat sy lewe lank in die skadu van Nelson Mandela gelewe het. Die Robbeneiland-museum huldig hom vanjaar, 60 jaar nadat hy daar aangehou is, en Westelike Provinsie Atletiek reël ’n 10 km-wedloop op die eiland, die Sobukwe/Mandela-herdenkingswedloop, vir 2 Desember. DENNIS CRUYWAGEN het die huisie op die eiland waarin Sobukwe aangehou is, besoek en skryf oor sy lewe en nalatenskap.

TOERISTE van oraloor en Suid-Afrikaners reis in hulle duisende na Robbeneiland, meestal om die sel te besoek waar Nelson Mandela 18 jaar van sy lewe deurgebring het.

Min van hulle weet van, of stel belang in, die eenkant-huisie waarin Robert Sobukwe op sy eie aangehou is.

Die huis staan allenig daar, heeltemal weg van die res van die gevangeniskompleks, vér van al die ander politieke gevangenes met wie hy nooit kon kommunikeer nie. ’n Koue, barre, vaalgeel huis met draad omhein...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.