Nee man, don’t touch me on my small town

TOERISME. SUG ...

Nee man, don’t touch me on my small town

Hy weet toerisme is ’n noodsaaklike bron van inkomste, maar ISMAIL LAGARDIEN hou niks daarvan as sy verskuilde juwele ontdek word nie.

EK en ’n ou vriendin het die afgelope naweek teruggedink en herinneringe opgehaal aan die somerweke wat ons jare gelede op Sisilië deurgebring het. Dit was kort besoeke, maar daar was ’n gevoel van tuishoort. Dit het niks te doen gehad met verskuiwing, ontworteling of om na ’n tuiste te soek nie. Dit was bloot dat die eienaar van die klein kafee aan ’n klein plein in die dorp waar ons altyd tuisgegaan het my naam geken het. Hy het altyd vir ons ’n tafel met vars fyngebak of brood gereedgemaak.

Die eienaar was ook slim genoeg om nie per ongeluk die naam van ’n vroeëre metgesel te laat inglip nie. Ek het die plek seker ses of sewe keer oor meer as ’n dekade besoek, en net een of twee keer met dieselfde metgesel.

In elk geval, ons het dié naweek stilweg sardonies gelag. Een van ons (dis moes ek wees) het gesê: “Ek hoop net nie die osteria is deur ’n donnerse Starbucks vervang nie.” Ek is seker dit is nie – die dorp is baie klein. Maar sy het geweet wat ek bedoel. Ek het al voorheen my idees oor hierdie dinge gedeel en sy het my gevolglik laat praat totdat ons Zoom-vergaderingtyd verstryk het. Ons het besluit om eendag weer bymekaar te kom en weer Sisilië te besoek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.