Wat jou SpongeBob-kinders van Monty Python dink ...

HOE DIE LAG VERANDER HET

Wat jou SpongeBob-kinders van Monty Python dink ...

Daar is maar min hansworse in die wêreld waarvoor alle mense in alle tye sal lag. Trouens, daar is waarskynlik geen sulke hansworse nie. ALI VAN WYK het gaan kyk na die dinge waarvoor mense die afgelope 40 jaar op televisie gelag het.

EK het vir jare uitgesien daarna dat my kinders oud genoeg word sodat ek Monty Python-sketse en -films met hulle kan deel. My oudste seun en dogter het al twee ’n gesonde humorsin en ’n aptyt vir satire, parodie en die absurde.

Toe die jonger een 15 word, het ek met smaak ’n klompie van die beter Python-sketse op YouTube gesoek en die film Life of Brian in die hande gekry, want dit is ’n vollengte Python-film wat darem ’n samehangende storie het.

Ek gee elkeen ’n bak springmielies, maak hulle sit, en trek weg met een van die bekendste en snaaksste sketse: Dead Parrot Sketch (https://www.youtube.com/watch?v=4vuW6tQ0218&t=162s). John Cleese se karakter bring ’n “Noorweegse blou-papegaai” terug na die troeteldierwinkel, want daar’s fout daarmee: Dit is dood...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.