Boeksusters keer die boekbedryf op sy kop

BOEKBEDONNERD

Boeksusters keer die boekbedryf op sy kop

ANNELIZE VISSER gesels met Annake Müller, Colleen Higgs en Ingeborg Pelser – drie uiteenlopende onafhanklike uitgewers wat die boekbedryf op sy kop keer, die groot spelers die stryd aansê en vir skrywers ’n beter bedeling beding. ‘Sake soos gewoonlik’ is nie hulle woordeskat nie.

Annake Müller: ’n Boek moet sy tribe vind

Dis hardkoppigheid, sê Annake Müller oor haar besluit om twee jaar gelede haar pos by een van die land se grootste uitgewers te bedank, en met haar pensioengeld haar eie onafhanklike uitgewery te stig. “Ek wil vrae vra, ek wil antwoorde hê, ek wil vir myself dink. Ek sien kans vir uitdagings, as iemand sê iets kan nie gedoen word nie, wil ek kyk of ek kan.”

Annake kan. Haar eerste boek, Lientjie Wessels se uitbundige Geure, is losweg een van die mooiste boeke wat in 2019 verskyn het; daar kon nie ’n treffender manier wees om aan te kondig dat daar ’n nuwe meisie op die dorp was nie. Sedertdien het nog vier kosboeke by Annake Müller Publishing verskyn, waaronder Sophia Lindop se Going Home, en een van die mees opwindende boeke wat uit die grendelstaat verrys het, The Lockdown Recipe Storytelling Book, wat as ’n Facebook-groep begin en ’n kos- en kultuurbeweging geword het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X