Aan die einde van ’n leeftyd se stryd teen moordenaars, ...

OP DIE SAAK

Aan die einde van ’n leeftyd se stryd teen moordenaars, verkragters, molesteerders …

Lt.kol. Ruan Brummer tree einde Mei af as bevelvoerder van die polisie se Wes-Kaapse ondersoekeenheid vir reeks- en elektroniese misdade. In sy loopbaan van 35 jaar het hy ’n magdom verkragters, moordenaars en kindermolesteerders aan die pen laat ry. ROZANNE ELS het met hom gesels.

TEEN ’n muur in sy kantoor is een van lt.kol. Ruan Brummer se loopbaanhoogtepunte in ’n eenvoudige raam vasgevang: ’n lofspraak van die destydse minister van polisie, Fikile Mbalula, vir sy speurwerk om ’n reeksverkragter vas te trek. 

Mthunzi Hlomane, wat as die Rhodes-reeksverkragter bekendgestaan het, was ’n slinkse man. Slinks én slim, vertel Brummer, wat destyds die jag op Hlomane gelei het.

Hlomane het in die verloop van net ’n paar maande ses vroue by die Rhodes-gedenkteken naby die Universiteit van Kaapstad verkrag, en is uiteindelik nege keer lewenslange tronkstraf opgelê, asook ’n verdere 108 jaar vir roof, verkragting en ontvoering...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X