Ná 22 maande die eerste keer terug op kantoor

VREEMD EN ONAANGENAAM

Ná 22 maande die eerste keer terug op kantoor

FLORENCE DE VRIES vertel hoe dit gevoel het om terug op kantoor te wees, en oor die geestesgekrabbel ter voorbereiding, en hoe haar sesjarige self met haar kom praat het.

DIS die einde van my eerste dag terug op kantoor in 22 maande. Twee-en-twintig maande. Dit is vir hoe lank ek elke oggend my rekenaar in my huis aangeskakel het om nuwe konsepte van stapel te stuur en met mense te kommunikeer.

In 22 maande het ek twee “Grendel”-verjaarsdae en twee Kersfeeste in sielstrelende stilte gevier. Ek het ook huldeblyke gelewer vir twee mense wie se name ek nou alleen in hierdie wêreld dra. Ek was nog altyd een vir herdenkings maar ek het níks oorgehad vir my eerste dag terug op kantoor nie. Met ’n leë tenk het ek al sugtend my báie netjiese klere van die hanger afgehaal en voor my uitgestaar. Hier staan ek … ’n vrou wat lank gelede reeds die papierwerk vir “die sosiale kontrak" verlê het.

Ek het koffie, middagete en ’n waterbottel ingepak. Dit was omtrent ’n geestesgekrabbel om te besluit hoe laat ek die kospakkie gaan eet omdat ek byna nooit voor elfuur soggens meer honger is nie. Dié tydkwessie het my herinner aan my kortstondige darteling met intermittent fasting so midde-in die onstuimige tye. Die app-mannetjie wat elke oggend nege-uur vir my twee sterretjies kom gee het as ek dit “gemaak” het tot by sy afsnytyd. En ek wat soms agtuur die aand vantevore vir hom wou vertel waar hy sy sterretjies kon gaan bêre …..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.