Liefde, wellus en korrupsie aan die Kaap van Goeie Hoop

DIE RYKSTE VROU AAN DIE KAAP

Liefde, wellus en korrupsie aan die Kaap van Goeie Hoop

Die rykste vrou aan die Kaap in die vroeë 1700’s was die dogter van ’n slaaf en self die eienaar van vele slawe. Haar merkwaardige Indiese moeder het aan Jan van Riebeek ‘behoort’. Dit is ’n verhaal oor die Kaapse voorouers van die Bassons, De Wets, Vissers, Berghs, Groenewalds en Mosterts van vandag; ook ’n verhaal van hartseer, sukses en korrupsie. Deur MAX DU PREEZ. #Erfenisdag

IN 1657 het Jan van Riebeeck, goewerneur van die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC), twee slawe van die kaptein van die Amersfoort, Pieter Kemp, gekoop wat op pad terug van die Ooste was. Angela en Domingo van Bengale (hulle was van Bengale op die Indiese subkontinent) was een van die eerste slawe aan die Kaap.

Angela het in die Van Riebeeck-huishouding gewerk en vinnig Nederlands leer praat. Net voordat hy die Kaap verlaat het, het Van Riebeeck Angela aan een van die senior amptenare aan die Kaap, Abraham Gabbema, verkoop, wat beteken het dat sy in die fort kon aanbly.

Op 13 April 1666 het Gabbema, wat na Batavia verplaas is, Angela en haar drie kinders uit “pure genegenheid” en vanweë haar liefdevolle verhouding met die Gabbema-kinders vrygestel. Sy was slegs die derde slaaf aan die Kaap wat vrygestel is; die twee voor haar het met wit mans getrou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.